Hoe lank is ek in die industrie en waar het die passie begin?
Ek is vanaf 2011 in die fotografie industrie en dit is vir my ‘n absolute voorreg om daagliks my passie uit te leef en nuwe mense te ontmoet! Ek het nog altyd ‘n liefde in my vir ‘n mooi prentjie en ‘n tydlose oomblik wat in ‘n foto vasgevang is, daarom is dit vir my so lekker om dit vir ander mense te kan doen.
Wat is my styl en wat maak my anders?
Ek glo in ‘n natuurlike en spontane foto, so hier sal jy nie ‘n “photoshopped” foto kry nie. Elke mens is uniek en beeldskoon, ek beklemtoon dit, eerder as om ‘n plooitjie of ‘n sproetjie weg te steek! Ek is gemaklik met my kliente en dit is duidelik op my foto’s dat daar baie gelag word! Ek is ook propvol grappies wanneer die kleiner voetjies voor die lens intree en oortuig graag vir mamma en pappa om die kleintjies om te koop met ‘n roomys na hierdie vreeslike klomp kiekies!
Waarin spesialiseer ek?
Ek doen (en geniet) alle shoots, van groot families en verjaarsdae, tot buitelig markies en kos, tot pasgebore pienkvoetjies en splinternuwe liefde... Troues is vir my altyd ‘n ongelooflike avontuur om van deel te wees, so dit is virseker ‘n gunsteling, maar om agter die lens te wees is altyd ‘n plesier, ongeag wat voor die lens gebeur...
Bespreek gerus ‘n sessie by kiekiekint@gmail.com
xxx